TUISBLAD NASKOOL KONTAK

V E R W O E R D P A R K

N A S K O O L

VERWOERDPARK NASKOOL

As 'n ouer is dit instink om die beste vir jou kinders te wil hê. As ouer sal jy enige iets vir jou kinders doen, wat tot hulle voordeel is. Dit maak saak wat jou kind na skool by die naskool doen.          

Vanuit 'n Christelike perspektief, skep ons 'n plek waar ons omgee vir mekaar.        

Deur harde werk, entoesiasme en gebede, skep ons 'n atmosfeer waarin kinders pragtig ontwikkel. Ons het 'n passie vir kinders en hulle akademiese vordering.

ONS MISSIE

  1. Doen moeite met huiswerk. Addisionele aandag aan kinders wat sukkel.            
  2. Goeie kos. Geregistreer by gesondheidsdepartement. (Neem allergië in ag.)        
  3. Sekuriteit en toegangsbeheer. Personeel dra afstandbeheerde paniekknoppies wat met 'n sekuriteitsfirma gekoppel is.
  4. Wanneer huiswerk klaar is, speel ons lekker saam.        


Huiswerk moet selfstandig deur die kinders voltooi word.  Huiswerk moedig  

goeie studiegewoontes aan.  Verantwoordelikheid word aangeleer deur self

getrou huiswerk te doen.  Addisionele aandag word na studie aan kinders

gegee wat sukkel met klank, Wiskunde, Engels, ens.  

   


 NASKOOL TYE

Gedurende skoolvakansies maak die naskool reeds om 06h30 oop.  

Die naskool is net gesuit op Publieke- en skolevakansiedae.

Die naskool sluit vir die Desembervakansie teen ongeveer die 15de Desember, stiptelik om 16h00.

 Die naskool is in Desember gesluit vir ongeveer 3 weke en heropen weer die Maandag voordat die skole begin.  Dit is om nuwe kinders,        

veral graad 1's, die kans te gee om in te skakel.         


STUDIETYD

Huiswerk word met graad 1 & 2's gedoen vanaf 13h30 tot 15h30.  

Amptelike studietyd is vanaf 14h30 tot 15h30.  

Tydens eksamens en toetsreekse, mag         

die tyd verleng word tot 16h00.  

Addisionele aandag word daarna gegee aan        

kinders wat sukkel of wat laat van buitemuurse aktiwiteite af gekom het.         

.

Copyright © 2016 - Copyright © 2015 -Verwoerdpark Naskool Sentrum - All rights Reserved | All rights reserved

Verwoerdpark Naskool Kind