Junior kinders (grade 1 & 2) word 13h10 en senior kinders (grade 3 - 7) word 13h50 by die laerskool afgehaal. Register word geneem. Na ete, begin ons met huiswerk.
Huiswerk word met graad 1 & 2's gedoen vanaf 13h30 tot 15h30. Amptelike studietyd is vanaf 14h30 tot 15h30. Tydens eksamens en toetsreekse, mag die tyd verleng word tot 16h00. Addisionele aandag word daarna gegee aan kinders wat sukkel of wat laat van buitemuurse aktiwiteite af gekom het.
Kinders wat aan buitemuurse aktiwiteite deelneem, word 14h00 (grade 1 & 2), 15h00 en 16h00 by die laerskool afgehaal. Kinders moet binne skoolgronde wag.
Daar is na studie toesig deur die personeel op die gronde om te verseker dat die kinders nie seerkry nie. Daar is 'n personeellid aan hekdiens vir toegangsbeheer.
Koeldrank en broodjies word na studie uitgedeel. Vars vrugte word ook van tyd tot tyd aan kinders gegee.
Daar is 'n siekekamer en kinders wat regtig siek is se ouers sal in kennis gestel word.
Daar word op Vrydae en daagliks gedurende skoolvakansies snoepie gehou. Roomys word daagliks, na studie, verkoop. Snoepieboek is beskikbaar om te voorkom dat die kinders hulle geld verloor.
Dit is die verantwoordelikheid van ouers om die naskool teen 12h00 te laat weet, indien jou kind nie die naskool op 'n betrokke dag gaan bywoon nie, of as die kind aan buitemuurse aktiwiteite deelneem en later afgehaal moet word. Ons is verantwoordelik vir die kinders en daarom is dit belangrik dat ons van hulle aktiwiteite bewus is.
Skoolklere moet asseblief gemerk word.
Elektroniese toestelle soos selfone en speletjies word toegelaat, maar speletjies met ouderdomsbeperkings, hoër as 7 jaar, sal nie toegelaat word nie.
Wipmat (met toesig), klimrame, speelgoed en DVD's is beskikbaar. Kinders kan ook hulle eie speelgoed bring, maar is verantwoordelik daarvoor. Albasters, klei en kougom word nie by die naskool toegelaat nie.
Kinders moet basiese skryfbehoeftes, soos potlode en penne, by die naskool hê om mee huiswerk te doen.
Copyright © 2016 - Copyright © 2015 -Verwoerdpark Naskool Sentrum - All rights Reserved | All rights reserved